Home » Schools

Om “groen” te wees is in die mode

17 May 2009 No Comment

 

Op 17 April 2009 was dit Boomplantdag vir die grade se leerlinge van Laerskool Louis Leipoldt in Lyttelton. boom

Ek is genooi om met die kinders te gesels oor die belangrikheid van bome en om hulle touwys te maak met die plant daarvan.

Die kinders se entoesiasme en die feit dat hulself die geld vir die bome, Rhus lancea’s (Karee) wat hulle geplant het, ingesamel het, het my beindruk. Verder was ek verstom dat die kinders soveel van die vrae wat ek gevra het, kon beantwoord. Nie net maak hulle ouers hulle bewus van hul rol in die voortbestaan van ons eko-stelsels nie, maar die skool het hulle eie “Groen” beweging wat bestuur word deur entoesiastiese en toegewyde “Groen” onderwysers en bestuur hulle ook hul eie herwinningsprojek.

Al die kinders kon vir my vertel hoekom papier herwin moes word. Min van ons weet dat indien jy elke dag vir ‘n jaar lank ‘n koerant koop, dit drie volgroeide bome sal kos! Bome werk 24 uur ‘n dag om vir ons die kwaliteit van ons omgewing en ons lewens te verbeter. Bome bly die mees koste-effektiewe manier om die skadelike gasse en koolsuurgas uit die atmosfeer te verwyder.

‘n Enkele groot volwasse boom kan sowat 20kg /per jaar se koolsuurgas absorbeer en genoeg suurstof vrystel om twee mense te onderhou en is dit die rede waarom die “Groenes” hulle aan groot bome vasketting om onnodige ontwikkeling te probeer stuit! Dit is baie belangrik om jouself die volgende vrae te vra wanneer jy besluit om ‘n boom te koop.

Wat is jou doel met die boom? Is dit vir koelte, ‘n wind breker, om ‘n onooglike uitsig te verberg, of vir privaatheid? Wil jy voëls en insekte lok na jou tuin of wil jy die boom gebruik as ‘n fokuspunt?

Hoeveel spasie het die boom om in te groei en hoe ver sal die boom wees van oorhoofse kragdrade wanneer dit volwasse is? Wat sal die afstand van die boom wees na jou huis, die oprit, plaveisel, mure of selfs die buurman se bome? Watter soort grond het jysel? Immergroen of bladwissellend?

‘n Immergroen boom wat geplant word aan die noorde kant langs ‘n huis gaan sorg vir donker en koue winters. Plant dan liewers n bladwisselende boom wat koelte gee in die somer en in die winter die son sal deur laat en sodoende die huis sal verhit.

Daardeur bespaar jy elektrisiteit deur minder verkoeling in die somer te gebruik en die verwarmer eers laatmiddag wanneer die son sak aan te skakel. Kyk na die simbole wat gewoonlik op die kaartjie wat die boom identifiseer verskyn. Is die boom inheems, gehard, wortelstelsel en immergroen of nie?

Vra die kundiges by ‘n boomkwekery of tuinsentrum as die inligting nie beskikbaar is nie. Indien moontlik koop inheemse bome! Koop ook liewers bome wat gepas is vir die klimaatstoestande waar jy woon. Bome wat geskik is vir die winter reënval toestande in dele van die land, pas moeilik aan in Gauteng en gaan in die winter meer water nodig hê as die bome wat geskik is vir somer re nval streke.

Plant eerder bome om die geboorte van kinders, verjaarsdae en spesiale geleenthede te herdenk. As jy nie self genoeg spasie in jou tuin het nie, skenk ‘n boom aan ‘n skool in jou omgewing of skenk die geld aan ‘n organisasie wat bome plant om aardse verhitting teen te werk!

Vir meer inligting oor die koop van bome, boomplant organisasies, betroubare verskaffers of papierherwinningsorganisasies, kontak my per e-pos : ronelck@telkomsa.net of skakel 082 948 2139

Tuingroete

Ronel Coetser

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.