Home » Community

Ryno hou Centurion Akademiese naam hoog!!

17 May 2009 No Comment

 

Ryno Basson, ‘n 2de jaar student in Toerisme-bestuur by Centurion Akademie, is pas aangewys as Mnr Junior SA. ryno

Hierdie veelsydige jong man het sy eerste voorsmakie van hierdie bedryf gehad, toe hy in 2008 as Mnr Centurion Akademie gekroon is.

Vir Ryno bied hierdie titel ‘n geleentheid om ‘n verskil te maak in die lewe van ander jong mense, en hierdie jong man sien kans vir baie. Hy is boonop ‘n fietsryer van formaat en het al sy sewende Cape Argus wedren voltooi.

Vir oefening trap hy maklik die pad tussen Kempton Park, waar hy woon en Centurion Akademie, kaf. Dis nie ‘n vreemde gesig om hom in sy fietsryklere op kampus te sien nie, want so slaan hy sommer twee vlieë met een klap – oefen vir sy volgende wedloop en draf sommer ook klas.

Centurion Akademie is voorwaar trots op hierdie jong man en weet dat sy toekoms vorentoe vir hom nog baie inhou. As jy net soos Ryno droom om eendag ‘n verskil te maak, bied Centurion Akademie vir jou die ideale platform.

Centurion Akademie studente kry geleentheid om op alle vlakke te presteer. Inskrywingsvorms vir 2010 is nou reeds beskikbaar. Skakel ons by 012 663 6333 of besoek ons webblad by www.ca.ac.za

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.