Home » Editorial, General

Nuwe onafhanklike restaurant in Centurion Mall

14 July 2011 No Comment

Eienaars, Lenn en Mie du Preez, het nadat hul 5-jaar konsessie kontrak met die Dulcé Café groep ten einde geloop het, die behoefte gesien om ‘n restaurant onder hul eie naam te begin.
Bistro Bella-Mie is geleë in die Centurion Mall (naby die Checkers ingang) en bedien gesins ontbyte en informele etes wat in almal se behoefte kan voorsien met betrekking tot die tipe kos, pryse, persoonlike diens en kosgehalte.
Deur die jare het Lenn en Mie baie goeie vriendskapsbande met hul kliënte opgebou.
Een so ‘n goeie vriend is bekende sanger, Kevin Leo, het idees wat in ander stede en lande gebruik word, aan Lenn en Mie voorgestel en wat uitstekend by die atmosfeer in Bistro Bella-Mie werk.
So ook het nog ‘n goeie vriendin, Riana Conradie, aangebied om met die décor te help en het sy spesiaal skilderye wat die kern van die restaurant weerspieël, geskep en teen die mure gehang.
Bistro Bella-Mie bedien daagliks vars voorbereide tradisionele etes soos bobotie, hoender lasagne, macaroni en kaas, herderspastei en “Bangers & Mash”.
Ontbyt word van 7h30 bedien en die spyskaart sluit ‘n verskeidenheid winskope in, soos die huidige uitskieter van R15-95.
Slegs ingevoerde Italiaanse koffie word gebruik en is hulle bekend daarvoor dat hulle die beste Cappucino’s in die hele Centurion bedien.
Die gevulde pannekoeke bedien met griekse slaai en gratis koffie vir R49-50, is ‘n daaglikse gunsteling.
Wegneem etes kan ook bestel word met ‘n vooraf kennisgewing van 24 uur.
Die restaurant se besigheidsure begin elke dag om 7h30 en sluit Maandae tot Donderdae om 19h00, Saterdae om 18h00 en Sondae 17h00. Dit word oorweeg om van Septembermaand tot 21h00 Maandae tot Saterdae oop te bly.
In kort bied Bistro Bella-Mie, Centurion Mall jou graag smaaklike etes, heerlike kuierondervinding en …..even more!

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.