Home » Community, Editorial, General

Wêreldrekord vir boerewors op Jeugdag gebreek

14 July 2011 No Comment

AfriForum Jeug het op Jeugdag saam met die musiekgroep Saarkie, die sanger en komediant Thys die Bosveldklong en sowat sewe boereverenigings van Naboomspruit Distrikslandbou-unie (DLU) die wêreldrekord gebreek vir die langste wors wat ooit gebraai is.
Die 514,5 meter boerewors wat by die Windpompfees in Naboomspruit (Mookgophong) gebraai is, het die vorige rekord van 321 meter in die stof laat byt, het Charl Oberholzer, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, gesê.
Die wors het sowat 420kg geweeg en 40 mense het saamgewerk om die wors op die roosters te plaas.
“Alhoewel daar ‘n paar benoude oomblikke was, het die wors darem nie gebreek tydens die braai nie,” he thy gesê.
Die wors is aan verskeie ouetehuise versprei, het hy bygevoeg.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.