Home » Community

ATKV Centurion gee erkenning

10 March 2009 No Comment


Die ATKV Centurion het, met die oog op Internasionale Moedertaaldag, gelukwense en erkenning verleen aan die Gr. 12 moedertaaltoppresteerders in Noordelike Gauteng.

Dit sluit die gebied van Halfweghuis/Olifantsfontein in die suide tot Hammanskraal in die noorde, Atteridgeville in die weste tot ronkhorstspruit in die ooste in. Vier van die Gauteng-toppresteerders in hul moedertaal het ‘n verdere prestasie behaal deur as blinde of dowe matriek deur medium braille of gebaretaal te skryf nl. Sarel Greyling as blinde van Prinshofskool (Afrikaans), Calvin Botha ook van Prinshof-skool (English) en Sarah Machaba van Philadelphia School in Soshanguve (Sepedi).

Dewald Naude van Transoranje Skool vir Dowes was weer die Gauteng-toppresteerder deur medium gebaretaal (Afrikaans)

Drie van die ander Toppresteerders was ook die Toppresteerder in Gauteng nl. Sipho Mahlangu van Mahlenga High School in Bronkhorstspruit (Isindebele), Simelani Nontsikelelo van Cornerstone College in Mamelodi (Siswati) en Peter Sithole van Lethabong High School in Soshanguve.

Nog drie ander Toppresteerders het ook die tweede plek in Gauteng provinsie behaal nl. Neil van Heerden van Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria (Afrikaans), Laura de Lange van Sutherland High School in Centurion (English) en Aron Mohale van Reitumetse High School in Soshanguve (Xitsonga).

Ndou Portia van Ribane Laka High School in Mamelodi het ook die derde plek in Gauteng verower vir prestasie in sy moedertaal Tshivenda.

Die ander Toppresteerders in Noordelike Gauteng was: Gqada Luthando van Cornerstone College in Mamelodi (Isizulu), Lerato Mofokeng van Phelindaba High School in Atteridgeville (Sesotho) en Dipuo Lehabe van Lethabong High School in Soshanguve (Xitsonga)

Die byeenkoms is op besonderse wyse deur twee leerders van Prinshofskool deur medium braille met skriflesing en gebed geopen terwyl ‘n onderwyser van Transoranje Skool vir Dowes deur medium gebaretaal getolk het.

Die koor van Prinshofskool het as gaskunstenaars opgetree en gewyde en volksliedjies in verskillende tale gesing. ‘n Gedig deur Sakkie Kotze ”My eie Moedertaal” is in al elf amptelike landstale voorgedra.

Die gedig verskyn ook in van die huidige voorgeskrewe skoolboeke.

Mnr. Sakkie Kotze, voorsitter van ATKV Centurion, het by die geleentheid gesê dat Internasionale Moedertaaldag die reg op oedertaaltrots en -onderrig beklemtoon.

Trots en respek vir die eie moedertaal het meestal ook trots en respek vir ander moedertale tot gevolg.

” Dit is presies wat ons met hierdie Toekenningsfunksie wou bereik – verbeterde begrip, gesindhede en verhoudinge tussen al die taal- en kultuurgroepe in Suid-Afrika.

“Ons is trots op jou taal” het hy onder groot toejuiging van die Toppresteerders en die gehoor,gesê.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.