Home » Community

Risiko van loodvergiftiging op speelgronde

17 May 2009 No Comment

Die VF Plus het gesê dat dringende stappe geneem moet word nadat ‘n opname bevind het dat toerusting op speelgronde vir kinders regoor Gauteng gevaarlike hoë konsentrasies lood bevat.

‘n Verslag oor die bevindings van die opname het voor die Burgemeesterskomitee van die Tshwane-metroraad gedien. Die verslag meld dat die effekte van verhoogde bloedvlakke van lood by kinders ernstige neurologiese effekte soos gehoorverlies, spierverlamming, verlaagde IK en leerprobleme kan insluit.

Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plusraadslid in die Tshwane-metroraad, was die opname slegs in Gauteng gedoen en die resultate suggereer sterk dat dieselfde bedreiging in ander munisipaliteite regoor die land mag bestaan.

Die VF Plus het gesê dat dringende aksie geneem moet word om lood uit speelparke te verwyder en dat bywette en ander wetgewing nodig is om ‘n herhaling van die probleem te voorkom.

Die opname is deur die Mediese Navorsingsraad (MNR) waargeneem om die konsentrasie van lood in toerusting op speelgronde vir kinders in Metropolitaanse Munisipaliteite in Gauteng (insluitende die Tshwane-metroraad) vas te stel.

Die opname het bevind dat die gebruik van verf wat lood bevat, wyd gebruik word in alle munisipaliteite wat deel van die studie was. Die loodkonsentrasie van 41% van lesings wat geneem is oorskry die verwysingsvlak (1mg/cm2).

Lood is ‘n swaar metaal wat in ‘n wye reeks produkte gebruik word, onder andere in verf vanweë die metaal se teen-roes en teen-verdowwende eienskappe. Lood is ook ’n droogmiddel. Volgens die verslag word die gebruik van lood in verf in die VSA verbied.

In Suid-Afrika is daar egter geen bestaande standaarde vir loodvlakke in verf nie.

Betreffende geverfde speelparktoerusting, skilfer die verf normaalweg af oor tyd heen en daardeur word die omringende omgewing besmet.

Kinders wat op die toerusting speel kan dan van die loodgebaseerde verf inneem – veral kinders wat ‘n sterk geneigdheid het om objekte in hulle onmiddellike omgewing in hulle mond te sit.

Die VF Plus het gesê dat, buiten die bedreiging wat dit vir inwoners se kinders kan inhou, die bevindings ook ander ernstige implikasies kan hê soos eise vir skadevergoeding teen munisipaliteite.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.