Home » Editorial

Meimaand is vir moeders

17 May 2009 No Comment

Die vakansiedae van April en die verkiesing is nou verby en is daar ‘n versugting onder almal dat hulle nou weer na normale besigheid kan terugkeer.

Meimaand bring egter weer sy eie plesier. Hierdie maand word Moedersdag op 10 Mei 2009 landswyd gevier en het die personeel van The CENTURION besluit om vir een moeder ‘n lekker bederf tyd te reël. Op bladsy 6 kan julle sien hoe heerlik sy bederf is.

Miskien kan julle ook besluit om vir julle moeder dankie te sê vir al haar harde werk, liefde, vertroosting en sommer net vriendin te wees deur die jare en reël vir haar ‘n bederfdag.

Van kleintyd af is Moeders mos maar daar om stukkende knieë te versorg en die trane weg te vee. Koekies is gebak wat die hele huis heerlik laat ruik het. Maar die grootste vreugde was om die bak waarin die mengsel was te kon uitlek. Wat is ‘n huis dan sonder ‘n moeder?

Op die sportvelde het krieketkoors die hele land aan die brand. Centurion se Supersport Park het nie agtergewee gebly en is dit ook ‘n bedrywigheid met die IPL krieket wat hierdie maand daar plaasvind. Die bestuur en personeel van The CENTURION wens al die moeders ‘n wonderlike moedersdag toe.

Volgende maand is dit Vadersdag. Watter vader gaan hierdie keer gelukkig wees om bederf te word? Stuur ‘n epos aan ons by edit@thecenturion.co.za en verduidelik waarom een van julle vir ‘n bederf sessie in aanmerking moet kom.

Stuur ook sommer ‘n foto saam om die keuse vir ons makliker te kan maak. 

TC Groete

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.