Home » Community

Solidariteit klop Anglo American op die skouer

10 October 2011 No Comment

Die vakbond Solidariteit het die mynmaatskappy Anglo American onlangs gelukgewens nadat die maatskappy tydens die tiende Internasionale DuPont Beroepsveiligheidstoekennings bekroon is as dié mynmaatskappy wat deur volgehoue bestuurstoewyding, beroepsgesondheid en -veiligheid in die Suid-Afrikaanse mynbedryf bevorder.
Volgens Gideon du Plessis, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, was Anglo American die eerste mynmaatskappy wat ʼn formele drieledige veiligheidsforum gestig het wat deel vorm van die maatskappy se veiligheidstrategie.
Dié forum is in 2008 op Anglo American se inisiatief gestig en bestaan uit die Anglo American groep maatskappye, vakbonde en die departement van minerale hulpbronne wat saamwerk om veiligheidstandaarde in die Suid-Afrikaanse mynbedryf deurlopend te verbeter.
Die Internasionale DuPont Beroepsveiligheidstoekennings gee erkenning aan maatskappye wat buitengewone inisiatief aan die dag lê om beroepsgesondheid en -veiligheid te bevorder. Die toekenningsgeleentheid het vanjaar in Istanbul, Turkye, plaasgevind.
Anglo American se drieledige mynveiligheidsmodel dra reeds vrugte en het mynsterftes by die maatskappy het tussen 2006 en 2010 van 36 tot 11 afgeneem.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.