Home » Community, Health

VF Plus-jeug ondersteun Borskankermaand

3 November 2011 No Comment

“Borskanker raak ons almal, hetsy vroue of mans. Dit val ma’s, oumas en sussies aan. Juis omdat ons so sterk voel oor hierdie saak loods ons ‘n ‘pienk hempie’ projek ter bewusmaking,” het Tronel Oosthuizen, nuutverkose jeugleier van die Vrystaat gesê.
Oktober is borskanker bewustheidsmaand en ter ondersteuning hiervan het die VF Plus-jeug vir die drie Vrydae van Oktober hul pienk hempies gedra vir hul “pienk hempie”-projek.
Die projek is onder verskeie jeuglede geloods en selfs die manne van die VF Plus-jeug het met trots hul pienk hempies in hierdie tyd dra aangesien borskanker hul ook raak.
Die VF Plus-jeug in die Vrystaat het ook die ander politieke partye se jeug en lede van die publiek uitgedaag om ook hul ondersteuning vir die goeie saak te wys deur pienk op Vrydae gedurende Oktobermaand aan te trek.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.