Home » Health

Winterwonders vir hom en haar

21 June 2009 No Comment

Hoekom moet die winter ‘n droë affêre wees? Het jy al gehoor watter wonder paraffienwas behandelings verrig aan droë, skurwe of gebarste hande en voete.beaty

Nie meer wintervoete of hande vir my nie!! Kom bederf vir pappa of manlief met ‘n heerlike ontspannende paraffienwas pedikuur of manikuur. Paraffienwas is ‘n samestelling van was, essensiële olies en welriekende voggewende bestandele. Hoe droër die vel hoe beter die resultate.

Die behandeling word ook aanbeveel vir arthritis of seer hande of voete. Dit is ‘n heerlike warm behandeling wat vog in die vel dwing en die koue en seer wegstreel. Dit word gevolg deur ‘n heerlike massering om die werking te verhoog. Paraffienwas word al van toendertyd gebruik om seer spiere te verlig, arthritis pyn te verminder en die vel te voed en te bevog. Hierdie behandeling is fantasties vir swanger dames om die seer voete ‘n ruskans te gee en verminder ook die swelling.

‘n Warm steen (hot stone) massering het ook fantastiese uitwerkings op stresknoppe, seer spiere en ‘n moeë oorwerkte liggaam. Die warm klippe gekombineerd met aromatiese olies is die hoogste vorm van bederf en ontspanning. Vir swanger kliënte kan die massering ook gedoen word, maar daar word slegs masseer-olie gebruik sonder aromatiese bestanddele by.

Die meeste Spas bied spesiale pakkette aan met behandelings wat ontwerp is vir die swanger dame. Voorsorg is beter as nasorg! Moenie jou vel wat uitdroog in die wintermaande, verwaarloos nie. Maak seker jy gebruik ‘n swaarder vogmiddel en slaap met sokkies aan om vogverlies te verminder.

Maak seker dat jy steeds in die winter ook die hakke afskuur sodat hulle nie bars of bloei nie. Winterwenk 1: Onthou om steeds 6 tot 8 glase water per dag te drink. Dit hou die vog inhoud van jou liggaam konstant en verminder jukkerige droë kolle. Gebruik ook ryker vog produkte wat meer voed.

Winterwenk 2:’n Inname van Omega 3 en 6 olies (soos evening primrose, starflower of salmolies) sal help om die winter droogheid te verdryf. Dit laat ook jou naels sterker word en voed droë lewelose hare. Dit smeer ook die gewrigte vir makliker pynlose beweging. Skakel ons gerus vir ‘n paar goeie opsies vir Vadersdag of enige ander behandeling by 082 523 4324 of 012 664 4974 vir ‘n afspraak of gaan na www.executivebeauty.co.za vir meer inligting en bederfpakkette.

Alzanna Noome

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.