Home » Kersboodskape

Kersfees bevestig weer daar is hoop!

6 December 2011 No Comment

Kallie Kriel

Die naderende einde van die jaar bied aan ons elkeen ‘ gulde geleentheid om bestekopname te maak van wat die afgelope jaar in ons persoonlike lewens ons

gemeenskap en in die land gebeur het.

Persoonlike omstandighede en landsprobleme bring ongelukkig soms mee dat baie van ons mense moedeloos voel en hoop vir die toekoms verloor het.

Dit is daarom wonderlik dat ons almal hierdie Kerstyd weer opnuut moed en hoop kan put uit die Kersboodskap van Jesus se geboorte God as bron van alle hoop se belofte van die ewige lewe bied aan ons die hoop van wonderlike hiernamaals en dien as inspirasie vir ons om ons roeping op aarde ten volle uit te leef.

Ons roeping behels onder meer ook om ‘n positiewe verskil in die samelewing en die lewens van die mense om ons te maak Ons kan dit doen met die wete dat geen aardse probleem onoorkombaar is nie.

Die fout wat baie van ons maak is om hierdie hoop aan te gryp deur te wag vir God om in te gryp terwyl ons self terugsit en niks doen nie.

Hoop behoort eerder ‘n oproep tot optrede te wees vir ons as God se instrumente op aarde Soos Totius dit gestel het moet ons bid met die wete dat alles van God afhang en moet ons werk asof alles van onsself afhang Ons moet bid beplan en betrokke raak sodat ons met volharding kan werk om die probleme in ons land trompop te pak Kom daar wag werk

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.