Home » Kersboodskape

KERSFEESBOODSKAP 2011

6 December 2011 No Comment

Nog ’n jaar is te vinnig verby.

’n Jaar waarin die pendulum tussen hoop en moedeloosheid geswaai het.

Kersfees praat met ons almal in ons soeke na antwoorde op hierdie

probleme.

Sommige mense soek die oplossings in hulle eie krag. “Ons sal dit nie vat nie” sê hulle en dan praat hulle oorlog en geweld.

Ander soek oplossings in sy eie ekonomiese krag.Ander plaas al hulle vertroue in menslike leiers.

Hulle wag op die groot Mosesleier wat moet kom om oornag alles met ’n towerformule reg te maak.

Wanneer gaan ons die Bybelse les leer om nie op Prinse te vertrou nie?

Ps. 146 stel dit so mooi as daar staan dat jy nie op ’n mens moet vertrou nie.

Sy asem verlaat hom en sy planne is daarmee heen. Dit gaan goed met die mens wat sy hoop op die Here vestig.

Twee duisend jaar gelede stuur God met een beweging, deur die geboorte van Christus, die wêreld in ’n totaal ander rigting.

Wat ’n troos dat die toekoms nie deur ons op ons eie uitgekap hoef te word nie maar in Sy hande is. Met een beweging kan Hy alles oornag nuut en anders maak vir ons in Suid-Afrika.

Maar hierdie is ook ‘n tyd vir dankie sê. Die VF Plus is dankbaar teenoor sy lojale ondersteuners wat trots ons Christelike- en minderheidsregte benadering ondersteun.

Hulle verstaan waaroor dit werklik in Suid-Afrika gaan, en het so hierdie jaar ’n sukses help maak.

Ons is ook dankbaar vir die belangrike rol wat die media die afgelope jaar gespeel het.

Hulle was bereid om die VF Plus as opposisieparty te help om korrupsie en wanadministrasie onbevrees oop te vlek terwyl hulle ook ons inspraak tot op die hoogste politieke vlak ondersteun het.

Ek wens u ’n Geseënde Kersfees en ’n voorspoedige nuwe jaar toe.

As instrumente in God se hande gaan ons by die VF Plus ons bes doen om die nuwe jaar op grondvlak, in die parlement en in die kabinet ’n beter jaar vir almal te maak.

Mag ons die krag en die wysheid daartoe ontvang.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.