Home » Health

Koffie is die winter se warmste drankie

21 June 2009 No Comment

Eleanor Broncoffee

Maar wie sou ooit daaraan gedink het om die bone te eet?

Die legende vertel dat ‘n Etiopiese herder sy bokke sien rondspring het nadat hulle van die bessies geeët het. Hy het self daarvan geëet en ook energiek geword daarvan. ‘n Monnik wat hom gesien het, het van die bessies saamgeneem na sy klooster, waar dit gebruik was om gedurende inspirerende oomblikke in die nag wakker te bly. Koffie is egter eers in Arabië gerooster om die vorm aan te neem soos ons dit vandag ken.

Koffie soos dit van die plant af kom proe nie regtig lekker nie. Dit is eers nadat die bone gerooster word dat die koffie se geur vrygestel word. Baie mense verkies deesdae dat daar nie kafeïne in hulle koffie moet wees nie. Alhoewel bietjie van die geur van die koffie verlore gaan tydens die proses wat gebruik word om die kafeïne uit te haal, proe dit byna nog steeds dieselfde. Meeste gesondheidskenners sê dat omtrent 3 koppies koffie ‘n dag nie skadelik is nie. Koffie het daarby ook nog goeie uitwerkings op die menslike liggaam. Buiten die beroemde “energy boost” verhoog koffie onder andere die korttermyn geheue en konsentrasie.

Koffiedrinkers loop skynbaar ook minder risiko om kanker of hartsiektes te kry. Daar is baie verskillende maniere om koffie te maak. Elke koppie koffie op die spyskaart het net ‘n klein ietsie wat hom anders maak as die vorige een. Wat is dan beter as om elke keer ‘n ander een uit te probeer? Ons nooi graag die lesers om julle koffie ervarings met ons te deel. Stuur ‘n epos aan edit@thecenturion.co.za met julle wenke vir alle koffie-lekkertes en staan ‘n kans om ‘n heerlike prys te wen.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.