Home » Arts & Culture

Helpende Hand vier Moedertaaldag met verhale van Afrikaanse helde

8 March 2012 No Comment

Solidariteit Helpende Hand glo in the voortbestaan en beskerming van moedertale.

Ter viering van Internationale Moedertaaldag op 21 Februarie 2012, het dié organisasie die leerlinge van Laerskool Louis Leipoldt in Lyttelton, Centurion, met verhale oor Afrikaanse helde trakteer.

Tydens die geleentheid het dr Dirk Hermann, voorsitter van Helpende Hand se direksie, die verhaal van die dapper Afrikaanse seun Japie Greyling, voorgelees.

Die verhaal is terselfdertyd treffend deur ses leerlinge van die skool, Karen Venter (Helpende Hand) en Johan Smith (Akademia) opgevoer.

Na die voorlesing het die opkomende sanger en ambassadeur van Helpende Hand se Beroepsleidingsdienste, Andries Hendrik Potgieter, die kinders met ou bekende Afrikaanse liedjies soos “Bobbejaan klim die berg” en “Ta’ Hessie se wit perd” vermaak.

Die kinders het uit volle bors saamgesing.

Dr Hermann het ouers en onderwysers aangemoedig om meer Afrikaanse stories te vertel sodat Afrikaans kan voortleef.

Die geleentheid is ter ondersteuning van Vriende van Afrikaans se veldtog oor moedertaalonderrig gehou.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.