Home » Centurion Business Forum

Centurion se Sakevroue vier tweede verjaarsdag

2 May 2012 No Comment

Die Centurion Tak van die SA Raad vir Sakevroue het op 12 April 2012 hul tweede verjaarsdag by die LemonJack Teater & Studio, Raslouw met styl gevier.

Die gasspreker was John Lafnie (JL) de Jager, voormalige SA en Junior Wêreldkampioen tennisspeler en huidige SA Tennis spanbestuurder, wat die tema van die dag “Attitude” aangespreek het.

Volgens JL is daar slegs twee rigtings in die lewe naamlik dat jy moet verander of klim uit!

Sy leuse waarvolgens hy sukses behaal het en wat hy nou ook aan die SA tennisspelers oordra is “Believe in your own ability!”

Carina Nel, voorsitter, het almal, veral die takbestuur,  bedank vir hulle bydrae om van die Centuriontak so ‘n sukses te maak.

Die Laerskool Wierdapark se junior koor die Geelbekkies en van die ouer koorlede het tydens die byeenkoms opgetree.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.