Home » Community

KOM AAN BOORD met Loslit Dag 2012

2 May 2012 No Comment

Loslit Dag wat sedert 1995 elke jaar op die eerste Vrydag van September gehou word het gedurende die 2011-projek die rekordbedrag van R20,315, 451 ingesamel tot voordeel van ongeveer 400 organisasies wat via die strukture van ses vername nasionale begunstigdes dienste in die gebied van gestremdheid lewer.  

Die aankondiging is tydens die terugvoer geselligheid vir Gauteng area gedoen waar Roland Styles die meester van seremonie was.

Loslit Dag is ’n suksesvolle inisiatief van die Nasionale Raad vir Persone met Fisiese Gestremdhede in Suid-Afrika (NCPPDSA) en begunstigdes sluit Epilepsie SA, DEAFSA, SA Nasionale Raad vir Blindes, SA Federasie vir Geestesgesondheid, Disabled people South Africa asook die NCPPDSA, in.

Annelise de Jager is sedert sy ontstaan  die  Nasionale Projekorganiseerder van Loslit Dag.

Mnr. Johan Viljoen,  kampvegter vir die regte vir persone met gestremdhede en direkteur van die NCPPDSA, het die belangrikheid van Loslit Dag-projek benadruk en gesê dat hierdie fondse in baie gevalle die verskil is tussen ’n organisasie wat sy deure kan oophou en aanhou om dienste in die gestremdheidsektor te kan lewer of die einde van die organisasie.

Die boodskap vir 2012 word deur ’n skeeps- en boottema geïnspireer en is “Kom aan boord”.

Die publiek word aangemoedig om soos ’n kaptein, matroos of seerower aan te trek, en deur die plakker te dra wys dit jou verbintenis dat jy wel aan boord is met Loslit Dag. 

Hierdie jaar se projek vind op Vrydag 7 September 2012 plaas.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.