Home » Community

Skryf nou in vir Lenteskou se skoonheidstitels

2 May 2012 No Comment

Jong dames en mans tussen 13 en 25 jaar, met selfvertroue, ‘n goeie sin vir humor, wat omgee vir ander en met ‘n belangstelling in die skoonheidswêreld, moet nie die geleentheid mis om vanjaar een van die vier skoonheidskrone by Die Lenteskou te dra nie.

Lourine Wannenburg, organiseerder van die Mnr & Mej Lenteskou kompetisies (voorheen Mnr & Mej Pretoria Skou) en die Mnr & Mej Lenteskou Tiener, sê hierdie kompetisie het die afgelope paar jaar aansienlik in status gegroei.

Die Lenteskou, wat vanjaar vanaf 1 tot 6 September by die Tshwane Events Centre aangebied word, speel gasheer tot vier skoonheidskompetisies; Mej Lenteskou, Mnr Lenteskou, Mej Lenteskou Tiener en Mnr Lenteskou Tiener.

Saam met die gesogte titels kan pryse ter waarde van meer as R 150 000 gewen word. Die uitdunrondtes vir die kompetisies vind op 19 Mei en 9 Junie 2012 by die Klubhuis van die Tshwane Events Centre plaas.

Die semi-finale rondtes word op 16 Junie 2012 by dieselfde perseel gehou.

Inskrywingsvorms en meer inligting oor hierdie kompetisies is beskikbaar by www.lourinewannenburg.co.za of kan direk vanaf Lourine Wannenburg by tel (012) 565 5235 verkry word.

Die Lenteskou, voorheen die Pretoria Skou, word vanaf vanjaar geherposisioneer as ‘n landbouskou.

Vir meer inligting oor Die Lenteskou, insluitend die landbouprogram, landbou-inskrywingsvorms, borgskapsgeleenthede en inligting oor die opvoedkundige program, besoek www.thespringshow.co.za.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.