Home » Community

Positiewe optog met ’n opvoedkundige boodskap

6 June 2012 No Comment

Die vakbond, Solidariteit, het aan ’n optog deelgeneem wat deel uitmaak van die Stad Tshwane se jaarlikse viering van die Internasionale Week vir Beroepsgesondheid en -veiligheid.

Die vakbond het ’n beroep op Suid-Afrikaanse werkgewers en werknemers gedoen om beroepsgesondheid en -veiligheid ’n prioriteit te maak.

Die Wêrelddag vir Veiligheid en Gesondheid in die Werkplek is op 28 April 2012 gevier en die Internasionale Week vir Beroepsgesondheid en -veiligheid in die eerste week van Mei gevier.

Die doel van die optog was om bewusmaking van beroepsgesondheid en -veiligheid en die hoë voorkoms van werksverwante sterftes, beserings en siektes te skep, asook om hulde aan slagoffers van beroepsongelukke en -siektes te bring.

Die optog het by die Belle Ombré Beroepsgesondheidkliniek in Bosmanstraat, Pretoria, begin en by die Munitoria-gebou in Vermeulenstraat geëindig waar ’n memorandum aan me Sibongile Moselelane, Tshwane se burgemeesterskomiteelid vir maatskaplike ontwikkeling en gesondheid, oorhandig is.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.