Home » Community

Akademia stel ses onderrigleersentrums landswyd bekend

6 June 2012 No Comment

Akademia, ’n inisiatief van die Solidariteit Beweging, het op 9 Mei 2012 ses onderrigleersentrums in Centurion, die Moot in Pretoria, Vanderbijlpark, Boksburg, Roodepoort en Stellenbosch bekendgestel.

Akademia is ’n privaat verskaffer van studieprogramme wat op dieselfde vlak as dié van universiteite is en is ook by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding geregistreer.

Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia, meen die krag van die Akademia-model is dat dit bekostigbaar en eenvoudig is om onderrigleersentrums in enige gemeenskap te vestig.

“Ons vat Afrikaanse hoër onderwys na die mense toe. Die onderrigleermodel is in die eerste plek daarop gefokus om studente suksesvol in hulle studies te maak. Daarbenewens maak die gevorderde onderrigtegnologie dit moontlik dat ons hoër onderwys bekostigbaar kan aanbied. Ons programme is tussen 30% en 50% goedkoper as in die res van die mark” het Visser gesê.

Intensiewe navorsing is oor skaars beroepsrigtings in Suid-Afrika gedoen en is programme daarvolgens gekies.

Studente sal dus gesogte kwalifikasies in Rekeningkunde, Kantooradministrasie en Gemeenskapsontwikkeling kry wat hulle toetrede tot die arbeidsmark makliker sal maak.

Die programme word in Afrikaans aangebied en is daarop gemik om mense gekwalifiseerd en aanstelbaar in ’n groeiende ekonomie te maak.

Akademia se eerste onderrigleersentrums is reeds in Centurion, die Moot in Pretoria, Vanderbijlpark, Boksburg, Roodepoort en Stellenbosch ingerig.

Akademia het reeds vroeër vanjaar vier onderrigprogramme (drie sertifikate en ’n diploma) begin aanbied en kan so vroeg soos volgende jaar sy eerste graad aanbied.

Danksy die nuutste telematiese tegnologie gaan Akademia interaktiewe klasse oor Suid-Afrika heen by die ses onderrigleersentrums aanbied.

Die instelling beplan om binne vyf jaar onderrigleersentrums in elke groot sentrum in die land te vestig en om aan die einde van die vyf jaar 10 000 ingeskrewe studente oor ’n wye spektrum van studierigtings te hê.

Verdere innames gaan in Julie 2012 gedoen word en kan Akademia by telefoonnommer 0861 222 888 gekontak word of besoek hul webtuiste by www.akademia.ac.za

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.