Home » Community

Só help Solidariteit Beweging jongmense

4 July 2012 No Comment

Die Solidariteit Beweging het in die lig van Jeugdag, wat op Saterdag 16 Junie gevier was, ʼn driepuntplan aangekondig om jongmense te bemagtig deur opleiding.

Dit sluit die bou van ʼn kampus van R150 miljoen, die vergroting van die Beweging se beursplatform en omvattende beroepsleidingsdienste in.

Hierdie opleidingsplanne gaan duisende jongmense in staat stel om vir hulself ʼn toekoms te skep.

Volgens Flip Buys, hoof van die Solidariteit Beweging, moet jongmense in staat gestel word om vir hulself ʼn toekoms te skep. “ʼn Mens kan opleidingsgewys nie meer ‘aftree’ op 25 soos voorheen nie. Dit beteken nie ʼn mens moet deurentyd grade en kwalifikasies verwerf nie, solank jy deurlopend bly leer en nie stagneer nie. Dit gaan meebring dat die swaartepunt van opleiding gaan verskuif. Opleiding gaan toenemend ʼn lewenslange proses word. Die belangrikste is dat mense nie net kursusse hoef te doen nie, maar self ʼn leeringesteldheid moet kweek en hulself voortdurend moet bly ontwikkel.”

Opleiding is die kern van die Solidariteit Beweging se bouplan wat onlangs tydens die vakbond Solidariteit se 110-jarige feesvieringe aangekondig is.

Dit is ʼn praktiese plan met implementeringsdatums en die vermoë om dit uit te voer. Die driejaar begroting van die plan is net oor die R1 miljard.

Vir meer inligting besoek hulle webwerf www.solidariteit.co.za

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.