Home » Community

Centurion Raad vir Bejaardes vereer Senior Burger van die Jaar en Vrywilligers

4 July 2012 No Comment

Die Centurion Raad vir Bejaardes (CRB) het op 7 Junie 2012 sy 24ste Algemene Jaarvergadering gehou waartydens Rae Labuschagne as gasspreker oor die onderwerp; “Ageing – In Sickness or in Health?” opgetree het.

Die essensie van haar bydrae was dat elke ouer persoon die verantwoordelikheid het om ‘n gesonde leefstyl te handhaaf.

Ouderdom beteken nie dat kwale soos hoë bloeddruk, suikerprobleme en cholesterol afwesig sal wees nie, maar die kuns is om ten spyte daarvan, verantwoordelik daarmee saam te leef.

Die Senior Burger van die Jaar is Maltus en Shirley Kruger aangewys.

Maltus en Shirley is sedert Mei 1996 inwoners by Eldoraigne Park Aftree-oord waar Maltus die afgelope 16 jaar voorsitter van die aftree-oord se Bestuursvereniging is en saam met Shirley ‘n reuse bydrae gelewer het ter uitbouing van die aftree-oord.

Albei word ongeag hul ouderdom as rolmodelle beskou wat woeker met hulle talente, diensbaar bly en alles in hulle vermoë doen om voluit tot eer van God te leef.

Vrywilligers wat vir jare op die Raad se bestuur dien en besondere dienste aan noodlydendes lewer, is ook tydens die vergadering vereer.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.