Home » Health

Melkprodusente-Organisasie hernu bestuurskontrak

4 July 2012 No Comment

Bertus de Jongh, Hoof Uitvoerende Beampte van die Melkprodusente-Organisasie (MPO), het ’n mosie van vertroue van die MPO se direksie ontvang nadat sy kontrak om die organisasie te bestuur vir ’n verdere periode van vyf jaar herunu is.

De Jongh is een van die mees suksesvolle bestuurders in georganiseerde landbou en was die vernaamste dryfkrag agter die wyse waarop die MPO vandag te werk gaan om die primêre melkprodusent plaaslik te verteenwoordig en te bedien.

Dèan Kleynhans, voorsitter van die MPO, het tydens die onlangse direkteursvergadering van die MPO gesê dat daar eenparig op De Jongh as die beste kandidaat vir die posisie besluit is.

Die hernuwing van die kontrak beteken ook dat De Jongh een van die langsdienende aangestelde leiers in georganiseerde landbou is, nadat hy aan die stuur was by die destydse Suiwelraad en Melkraad en nou as hoof uitvoerende beampte en besturende direkteur van die Melkprodusente-Organisasie dien.

De Jongh het ook ’n belangrike rol gespeel in die proses om Suid-Afrika as gasheerland te bevestig vir die ISF Wêreld Suiwelspitsberaad wat gedurende November vanjaar in Kaapstad gehou sal word.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.