Home » Community

Solidariteit Helpende Hand belê R1,15 miljoen in gemeenskappe

7 August 2012 No Comment

Solidariteit Helpende Hand sal oor die volgende jaar R1,15 miljoen terugploeg in die gemeenskap.

Danksy die inwerkingstelling van ’n nuwe takbefondsingsplan sal elke Helpende Hand-tak R10 000 van die organisasie ontvang om in die gemeenskap aan te wend vir elke vyftien  nuwe ondersteuners wat by ’n tak aansluit.

Die plan verseker dat ondersteuners se fondse ten volle in hulle eie gemeenskappe aangewend word.

Helpende Hand se takke fokus op dienste wat gerig is op alle lede van die gemeenskap, van kleuters tot bejaardes, waardeur die beleid van opheffing-deur-opleiding bevorder word.

Helpende Hand se krag lê in die vrywilligers en ondersteuners wat die werk van die organisasie moontlik maak.

Dié mense se bydraes van tyd, kennis en fondse maak dit vir Helpende Hand moontlik om die geveg teen armoede voort te sit.

“By Solidariteit Helpende Hand volg ons ʼn beleid van bemagtiging en opheffing deur middel van opleiding, want ons glo dat dit die beste manier is om armoede uit te roei,” sê dr Danie Brink, die uitvoerende hoof van Helpende Hand. “Ons kan hierdie belangrike taak slegs met die hulp van ons vrywilligers verrig.”

Helpende Hand doen ’n beroep op die publiek om hierdie plan van hoop te ondersteun deur by sy takke betrokke te raak.

Om betrokke te raak by ’n tak in Gauteng-Noord, skakel Mariana Kriel by 084 952 5837.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.