Home » House & Garden

Pretoria se Lenteskou bied propvol program as landbouskou

1 September 2012 No Comment

Die Tshwane Events Centre is al die afgelope paar weke in rep en roer in voorbereiding vir Pretoria se eie landbouskou, Die Lenteskou, wat vanaf 1 tot 6 September 2012 aangebied word.

Die Lenteskou, voorheen die Pretoria Skou, word vanaf vanjaar as ‘n landbouskou geherposisioneer en gaan ‘n propvol program aanbied, wat drie nasionale kampioenskappe, verskeie streekskoue, karkaskompetisies, veilings, landbou-uitstallings en ‘n hele paar produkbekendstellings insluit.

Robert Walker, direkteur van Die Lenteskou, sê dat as deel van die skou se landboufokus  is twee sale omskep sodat dit aan die behoeftes van diere voldoen en hierdie sale sal tydens die skou skape, bokke en harige & geveerde diere huisves.

Daar is 170 uitstallers, van klein besighede tot groot internasionale besighede, wat hulle produkte en dienste tentoon sal stel.

Hierdie uitstallers is versigtig gekies sodat hulle pas by die bedryf en sodat daar ‘n doelgerigte mark and koper is.

“Ons moedig interaksie tussen besighede aan en met die wye verskeidenheid binne en buite-uitstallers wat by die skou gaan wees is die tafel vir ‘n uitstekende landbouskou gedek,” het Robert gesê.

Behalwe die wye aanbieding van perde-, beeste-, skape-, bokke-, pluimvee-, hase- en karkasaktiwiteite wat vir vanjaar geskeduleer is, sluit hoogtepunte op die skouprogram die nasionale kampioenskappe vir die dorpers, boerbokke en damaras in.

Dan is daar ook die Absa Future Farmers Jeugskou, die Interskole Karkaskompetisie, die Gauteng Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling se landbou pawiljoen en die Landbounavorsingsraad se Vleisbees Ster Presteerders Toekennings.

Die ure van Die Lenteskou is daagliks vanaf 08:00 tot 17:00.

Kaartjiepryse is R 60.00 per persoon vir volwassenes en R 25.00 per persoon vir kinders.

Vir meer inligting oor Die Lenteskou, insluitend die volledige program, besoek die skou se webwerf by www.thespringshow.co.za.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.