Home » Community

Mev Afrika Eerste Prinses 2012 se Dankseggings funksie

1 September 2012 No Comment

Weens die aanval onlangs op haar, is Elzien-Lolette van der Merwe se rekenaars en selfoon met al haar kontakte, kliënte se besonderhede en databasis verlore.

Elzien versoek dat alle belangstellendes hulle besonderhede  aan haar per epos na elzienvdm@gmail.com sal stuur.

Verder gaan sy ‘n dankseggings funksie getiteld “ GRATITUDE WITH ATTITUDE” rëel  omdat sy onder die omstandighede met haar sterk geloof en met die genade van Jesus gespaar gebly het.

Met die fondse wat ingesamel word sal sy haar verlore rekenaars en besigheidsmasjien kan vervang en die res sal sy aanwend om haar nuutgestigte EL MINISTRIES te finansier.

Die funksie sal voorlopig by Sorex Estate, Clubview op 3 Oktober 2012 plaasvind en die kaartjies is teen R250 per persoon beskikbaar. Besprekings is noodsaaklik.

‘n Dankseggingsdiens sal in die kapel aangebied word. Ander sprekers en sangers  gaan optree.

Elke gas sal ‘n inligtingspakkie ontvang en verversings sal bedien word.

Enige persoon wat ook ‘n bydrae tot die sukses van die geleentheid wil maak of ‘n stalletjie wil bespreek kan Elzien-Lolette of The Centurion kontak.

Bespreek dus vroegtydig  voor 20 September 2012 deur jou naam en getal persone op die lys te plaas deur ‘n epos na elzienvdm@gmail.com te stuur.

Vir verdere inligting skakel Elzien-Lolette by selfoonnommer 079 885 8884 of kontak The Centurion by telefoonnommer 072 268 3777.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.