Home » Arts & Culture

ATKV Centurion nooi inwoners na toekennings en ander geleenthede

5 November 2012 No Comment

Die ATKV Centurion nooi alle belangstellendes hartlik uit om die volgende jaarlikse toekennings en ander geleenthede by te woon:

*Vrydag 16 November 2012 – 18h00 by Mountain Honey Estate, Rietvlei:     

Erkenning en gelukwense namens die inwoners aan Gr. 7 Toppresteerders van Laerskole en Jeugorganisasies in Centurion:

*Woensdag 21 November 2012 – 18h00 by Mountain Honey Estate, Rietvlei:

Erkenning en gelukwense namens die inwoners aan Gr. 12 Toppresteerders van Hoёrskole en Jeugorganisasies in Centurion.

Die gelukwense aan die Centurion Vrywillige Werkers van die Jaar sal ook tydens hierdie geleentheid plaasvind.

*Sondag 18 November 2012: NG Gemeente Lyttelton-Oos, Kloofsig    

Die Dertiende W.A. Landman Gedenklesing vind vanjaar net na die oggend se erediens by die NG Gemeente Lyttelton-Oos, h/v Van Riebeeck- en Moltevestraat, Kloofsig, plaas.

Dr. Anke Brand tree as gasspreker by die geleentheid op en die tema is “Verskillende vorme van verslawing vanuit ‘n norme en waarde- perspektief.”

Vir verdere inligting kontak Sakkie Kotze, voorsitter: ATKV Centurion en ATKV direksielid, per epos by iakotze@mweb.co.za.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.