Home » House & Garden, Schools

Die Herberg Sentrum se eerste atletiekdag

10 March 2013 No Comment

Die Herberg Sentrum in Thaba Tshwane bestaan reeds 19 jaar en daar is tans 265 kinders, van babas tot voorskool sowel as ‘n naskoolsentrum wat met liefde en sorg onder leiding van Ina van Schalkwyk vir hul skoolloopbaan gereed gebring word.
Ina het besluit dat ‘n atletiekbyeenkoms vir die Sentrum die ideale geleentheid aan die kinders kan bied om die mededinging in die groter skole te kan ervaar.
Pastoor Ricky Pillay van die Charisma Pinkster Gemeente het die verrigtinge met gebed geopen en ook die gaste verwelkom. Hy was ook die seremoniemeester vir die dag.
Gewilde sanger, Tiro het spesiaal die landslied voor die begin van die atletiek gesing en die kinders het met hulle hande op hul harte uit volle bors saamgesing.
Musiek is deur Dwayne Musiek verskaf en die kinders het spontaan saamgedans.
Raadslid Ina Strijdom het weer eens haar betrokkenheid by die gemeenskap bevestig en die kinders ondersteun en moes selfs van hulle troos.
Die kinders is in twee spanne, die Rooi span en die Geel span ingedeel en elke span het ses dirigente gehad wat soos matrose aangetrek was.
Die Rooi span het met ‘n kortkop gewen alhoewel elkeen van die kinders ‘n medalje ontvang het.
Ouers en vriende het hulle kinders kom ondersteun en sommige is hees gelaat van die aanmoedigingskrete wat van die pawiljoen geskree is.
Dit was ‘n baie suksesvolle geleentheid wat verseker ‘n jaarlikse instelling gaan wees.
‘n Spesiale trofee is deur Rdl Ina Strijdom aan Marnus Loots van Laerskool Swartkop oorhandig vir sy uitmuntende atletiekprestasie.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.