Home » Centurion Business Forum

Centurion Sakekamer Netwerkfunksie goed ondersteun

10 March 2013 No Comment

Die Centurion Sakekamer se netwerkfunksie vir Februarie was informeel en is op Valentynsdag gehou.
Almal het in die gees van die jaarlikse “liefdesdag” en getooi in rooi, wit en swart van die geleentheid gebruik gemaak om behoorlik te netwerk.
Die hoogtepunt van die funksie was die oorhandiging van ‘n nuwe voertuig aan die Sakekamer deur Sias van den Berg, handelshoof van McCarthy Toyota Centurion.
Benji van Niekerk het vir ‘n “Noot-vir-Noot” speletjie gesorg en die tafel wat die meeste van die liedjies en sangers kon uitken het ‘n ontbyt vir al die tafel se gaste gewen.
Sanger Marius Strydom het vir agtergrondmusiek gesorg en weergawes van verskeie bekende sangers se liedjies asook sy eie liedjies perfek uitgevoer.
Soos met elke funksie is ‘n spoednetwerk gehou waar elkeen by ‘n tafel sy besigheid kon voorstel.
Vyf sprekers het ook die geleentheid gekry om hulle besighede van die verhoog aan almal bekend te stel.
Nuwe lede is ook voorgestel en lidmaatskapsertifikate aan hulle oorhandig en gelukkige wenners het geborgde pryse ontvang.
Daarna het die lede en besoekers oor ‘n heerlike bord kos in die buitelug gekuier en genetwerk.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.