Home » Community

VF Plus Pretoria verwelkom Jeug Raadslid in Koukus

10 March 2013 No Comment

Die VF Plus Pretoria het Awie Erasmus as ‘n nuwe raadslid verwelkom wat tot 2016 in die Tshwane Metroraad gaan dien.
Die vyf en twintig jarige jeugdige is al van vroeg af in sy lewe aktief in die politiek betrokke en skroom nie om op te staan teen ongeregtigheid nie.
Die streeksleier van die VF Plus in Pretoria, Raadslid Philip Van Staden, het gesê dat Raadslid Erasmus ‘n aanwins vir die VF Plus is en dat Erasmus se uitstaande leierskap nog diep spore in die Suid-Afrikaanse politieke toneel gaan trap.
Raadslid Awie Erasmus is reeds tydens sy tweede jaar op Universiteit in 2008 verkies as student-parlementslid.
In 2009 is hy aangestel as hoof van finansies van student-organisasies, in 2010 herverkies tot die studenteraad op Tuks en in 2011 het hy as kandidaat in die munisipale verkiesing vir die VF Plus gestaan.
Raadslid van Staden het gesê dat Raadslid Awie Erasmus se inswering as raadslid bewys dat die VF Plus op die regte pad is en dat jonger mense al hoe meer aanklank by die VF Plus vind.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.