Home » Community

Inwoners moet Waardasierolle Inspekteer

10 March 2013 No Comment

Philip van Staden, Vryheidsfront Plus se Streekleier, Pretoria het ‘n beroep op Pretorianers gedoen om die nuwe waardasierolle, wat op 1 Julie 2013 in werking tree, te inspekteer.
Raadslid Philip Van Staden, het gesê dat die huidige waardasierol aan die einde van Junie 2013 verstryk en die publiek kan van 27 Februarie 2013 – 03 Mei 2013, die nuwe waardasierolle besigtig en beswaar aanteken indien nodig.
Die nuwe waardasierolle is ook op die Tshwane Metro se webwerf www.tshwane.gov.za beskikbaar en kan ook by al die Tshwane Metro se kantore gedurende kantoorure besigtig word.
Dit is van uiterse belang dat Pretorianers hierdie waardasierolle moet gaan inspekteer en die nodige stappe neem indien die eiendomwaardasie nie reg is nie aangesien die waardasie na die sluitingsdatum eers weer oor vier jaar hersien sal kan word.
As inwoners nie hierdie inspeksie gaan doen nie, kan inwoners die gevaar loop om vir erfbelasting, wat aan ‘n verkeerde waardasie gekoppel is, aangeslaan te word.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.