Home » Centurion Business Forum

Centurion van die Jaar 2013 aangewys

14 November 2013 No Comment

Die Centurion van die Jaar 2013 is tydens die Centurion Sakekamer se jaareindfunksie op 2 November 2013 aangewys.
Elsabé Rossouw, help haar eggenoot se besighede bestuur, hou haar huishouding aan die gang maar is ook die spil waarom die Wierdabrug se Gemeenskap Polisieforum (GPF) draai.
Sy bestuur die Beheerkamer effektief, werf lede vir die GPF, staan ook in wanneer iemand nie vir diens beskikbaar is en doen selfs ook nagskof.
Daarbenewens lei sy ook personeel vir die beheerkamer op en maak seker dat daar altyd werk rondom die beheerkamer, soos tuinmaak of stofsuig gedoen word.
Sy sal ook nie skroom om enigiemand in ‘n noodsituasie by te staan totdat hulp opdaag en operateurs wat te lank vat om noodoproepe te antwoord te rapporteer.
Vir Elsabé is die gemeenskap se veiligheid vir haar prioriteit en sal sy ook selfs in haar motor spring om op klagtes te reageer.
Sy reik ook uit na die gemeenskap met probleme wat niks met die beheerkamer te doen het, soos byvoorbeeld ‘n senior burger wat geval en ernstig beseer was of help ‘n hond uit die waterafvoerkanale terwyl dit reën.
Elsabé is voorwaar ‘n ystervrou in die gemeenskap wat respek afdwing en op wie daar altyd staatgemaak kan word.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.