Home » Centurion Business Forum

Centurion Sakekamer bespreek die komende verkiesing

13 May 2014 No Comment

Die lede en gaste by die maandelikse netwerkfunksie van die Centurion Sakekamer, was aangenaam verras toe een van die lede ‘n mimieke vertoning met bekende liedjies aangebied het.
Die gasspreker was Dr Piet Croucamp en hy het ‘n baie insiggewende praatjie met die oog op die nasionale verkiesing op 7 Mei 2014 oor die politiek, politieke partye en ekonomiese stand in die land gelewer.
Nuwe lede het hul lidmaatsertifikate ontvang en elkeen het kortliks hulle besighede bekendgestel.
Onder die ander sprekers was Dr Elna Krüger, direkteur van die Centurion Raad vir Bejaardes wat ‘n beroep op die lede gedoen het vir donasies van komberse en nie-bederfbare produkte vir behoeftige bejaardes in Centurion asook die HIV-projek en kleuterskool wat die Raad in Olievenbosch bestuur.
Pryse geborg deur verskeie lede is oorhandig waarna ‘n heerlike spitbraai deur Jimro Catering bedien is.
Die volgende netwerkfunksie is ‘n “Cook Off” spanbou funksie wat op 14 Mei 2014 gehou gaan word. Vir bespreking epos marlene@centurionsakekamer.co.za.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.