Home » Arts & Culture

ATKV Centurion Musiekmentor Bobby de Vos word 80 jaar oud

13 May 2014 No Comment

Musikant Bobby de Vos het op 13-jarige ouderdom al in die openbaar begin musiek maak en is nog lank nie koud nie!.
Bobby bespeel dertien verskillende musiekinstrumente en hy het deur die jare 288 jongmense die fynere speelkunsies van een of meer van hierdie musiekinstrumente geleer.
Hy het in 1999 onder die vaandel van ATKV Centurion Musiekforum, met die Voorspoed Junior Boereorkes begin en sy twee kleindogters Mariska en Charne al op vyf- en sesjarige ouderdom, by die orkes betrek.
Die orkes het saam met ander ATKV Centurionsangers en -musikante by verskeie feeste soos die KKNK en ander openbare geleenthede by skole, kerke, vakansieoorde, ens. opgetree.
Sakkie Kotze (Forumvoorsitter en ATKV Direksielid) het tydens ‘n verjaarsdaggeselligheid aan huis van sy seun Dion en Natalie, hulde gebring aan Bobby vir sy bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur d.m.v. musiek en sy volgehoue, onvermoeide ywer om by kinders ‘n liefde vir ons musiek te kweek.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.