Home » Community

Dra Tekkies vir Goeie Doel

13 May 2014 No Comment

Tekkie Tax 2013 het alle verwagtings oortref deur R2,4 miljoen in die eerste jaar in te samel.
Meer as 180 plaaslike welsynsorganisasies het daarby gebaat en alle fondse is gedurende November 2013 verdeel.
Hierdie jaar word Tekkie Tax dag op Vrydag 30 Mei 2014 gehou en lede van die publiek word gevra om ‘n Tekkie Tax plakker vir ‘n R10 donasie te koop.
Daar is vyf verskillende plakkers om van te kies, elkeen verteenwoordig ‘n spesifieke afdeling van dienslewering naamlik: Allerande DIERE; Basiese FAMILIE dienste; Cool KINDERS; Dienslewering aan GESTREMDES en Essensiële ONDERWYS.
Tekkies kan ook opgetooi word met ‘n paar skoenveters “Tekkie Tags” vir ‘n R30 donasie (en die plakker van jou keuse is ingesluit).
Die veldtog word onderskryf deur vyftienvan die grootste Nasionale welsynsorganisasies in die land.
Al die begunstigde organisasies bied ’n diens in Suid-Afrika en is spesiaal uitgesoek om te verseker dat die donasies in die beste moontlike manier gebruik sal word.
Vir meer inligting besoek die webwerf www.tekkietax.co.za.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.