Home » Centurion Business Forum, Community

Sakeplankompetisie vir nuwe en bestaande besighede

18 July 2014 No Comment

Die Afrikaanse Akademia Sakeplankompetisie word in samewerking met vele vennote aangebied, en die doel is om sakebedrywighede in Afrikaans te ondersteun.
Entrepreneurs (nuut en reeds in besigheid) word gehelp om hul beplande of bestaande sake-onderneming meer volhoubaar te maak, deur weer indringend aandag te gee aan die basis dokument van enige sake-onderneming, naamlik die sakeplan.
Die kompetisie is oop vir enige persoon van enige taal, geloof, ras of geslag maar alle korrespondensie en deelname slegs in Afrikaans.
Die twee kategorieë waarin individue en alle KMO’s kan deelneem is vir Nuwe Sake-idees en Bestaande Sake-idees en –uitbreiding
Daar word ʼn maksimum van 30 finaliste aangewys uit elk van die twee kategorieë.
Die wenner in die bestaande sake afdeling ontvang ʼn kontantbedrag van R150 000 met toegevoegde waarde in mentorskap en belastinghulp vir die periode van een jaar.
Die wenner van die nuwe sake afdeling ontvang ʼn kontantbedrag van R100 000 met toegvoegde waarde in mentorskap en belastinghulp vir die periode van een jaar.
Inskrywings moet aanlyn by webwerf www.akademia.ac.za/akademia-sakeplankompetisie gedoen en moet voor of op 31 Julie 2014 ingedien word.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.