Home » Community

Erkenning vir Uitsonderlike Dienslewering

16 October 2014 No Comment

Tydens ‘n onlangse netwerkfunksie deur Centurion Online by Sorex Estate is spesiale toekennings vir uitsonderlike dienslewering aan Raadslid Ina Strijdom, Susca Watts en Frank Grobbelaar (Monitor Net) toegeken.
Raadslid Ina Strijdom is bedank vir haar onbaatsugtelike dienslewering, selfs na-ure tydens die kragonderbrekings weens kabeldiefstalle terwyl Susca Watts bedank is vir haar toewyding vir opleiding aan besighede in die skoonheidsbedryf.
Monitor Net Sekuriteit is bedank vir hul bystand aan die gemeenskap tydens veelvoudige kragonderbrekings en ander misdaadaangeleenthede asook hulle opsiglikheid in probleemareas.
Die gasspreker by die funksie was motiveringspreker, Philip van Wyngaardt wat oor die noodsaaklikheid van bemarking van besighede gepraat het.
Elke persoon teenwoordig het daarna die geleentheid gehad om hulle besighede bekend te stel en verskeie besighede het ook hul produkte uitgestal.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.