Home » Health

Voorkom mediese foute

10 March 2009 No Comment

Tanya de Vente


Almal vrees dit. ‘n Mediese fout. Pasiënte is bang vir operasies. Die Raad op Gesondheidsberoepe (RGB) het in 2007 ongeveer 130 klagtes oor dokters per maand ontvang.

Die klagtes het gewissel van nalatigheid, duur doktersrekenings, korrupsie, vals sieknotas, die gebruik van vuil en kru taal tot seksuele verhoudings met pasiënte.

Of dit nou die verkeerde diagnose of medikasie is – dit is belangrik dat jy as pasiënt seker maak jy bemagtig jouself en weet hoe om die risiko’s te verlaag.

Die Pretoria Oos Hospitaal noem ‘n paar dinge wat jy in die dokter se spreekkamer kan doen om te help om mediese foute te voorkom.

Eerlikheid: Onthou, die dokter is net ‘n mens en kan nie gedagtes lees nie, as jy voel jy vind nie aanklank by hom of haar nie, beëindig die konsultasie eerder as wat jy nie openlik jou probleem kan bespreek nie en inderwaarheid die dokter om die bos lei.

Wees reguit: Die dokter is nie ‘n terapeut nie en het beperkte tyd en insig as dit by nuanses en innuendo’s kom, hy of sy wil weet waarmee hul kan help om so gou as moontlik vir jou ‘n werkbare aanvaarbare diagnose en behandelingsplan daar te stel.
Dit is die pasiënt se reg om vra te vra oor elke aspek van die konsultasie sodat daar nie wedersydse misverstande plaasvind nie.

Duidelikheid: As jy jou probleem gekommunikeer het, beskryf al jou simptome en verwante klagtes soos wat jy sin daarvan kan maak, moenie as jy noukeurig uitgevra word kort-af antwoord, vaag wees of selfs dink dat die dokter dit moet uitpluis nie want hy’t die mediese opleiding.

Vertroue: Hierdie is ‘n belangrike punt en is van wedersydse belang, laat die dokter toe om jou te ondersoek en te behandel en glo hy sal die beste in sy vermoë doen om jou te help (anders geld die eerste punt) want dan sal hy jou vertrou met die inligting wat hy by jou kry en tydens die behandeling aan jou weergee. Dit is die dokter se plig om dokterpasiënt konfidensialiteit te respekteer.

Opvolg: Dit is die pasiënt se plig om op te volg indien hy nie beter word, tevrede is met die vordering of onsekerheid het oor enige aspek van sy behandeling na die konsultasie nie.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.