Home » Community

Helpende Hand brei-projek inspireer honderde breiers

19 November 2014 No Comment

Solidariteit Helpende Hand se Gauteng-Suid streek het vanjaar ’n langtermyn breiprojek geloods om sodoende komberse vir behoeftige ouetehuise en kinderhuise in te samel.
Binne drie maande het die Brei-‘n-Blok-projek sό vlamgevat dat 500 breiers van regoor die land nou daaraan deelneem.
Deelname aan die projek behels dat blokke in enige kleur gebrei word, wat later aanmekaar gelas sal word om komberse te maak. Elke kombers bestaan uit 80 blokke.
Sommige dames brei self die hele kombers terwyl ander elke week honderde gebreide blokke aanstuur.
“Die wonderlike ding van hierdie projek is dat daar nie net komberse vir behoeftiges gemaak word nie, maar dat baie bejaardes by die projek betrek word en sodoende ʼn waardevolle bydrae in hul gemeenskappe lewer,” sê Adele Kruger, Helpende Hand streekorganiseerder in Gauteng-Suid.
Persone wat graag by die Brei-‘n-Blok-projek betrokke wil raak, kan gerus vir Adele Kruger by 079 881 3338 of adele@helpendehand.co.za kontak.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.