Home » Arts & Culture

Die verlede bepaal die toekoms

21 February 2015 No Comment

Deur Nichelle Steyn
Voordat jy weet waarheen jy op pad is moet jy eers weet waar jy vandaan kom.
Paul Els, ’n skrywer van Valhalla, het reeds elf geskiedkundige titels agter sy naam.
Hy is daarop uit om die verlede te bewaar vir die volgende generasies en hou nooit op soek na stories uit die verlede wat hy kan verwoord nie.
Sy nuutste publikasie is ’n opsomming van Valhalla se geskiedenis, getiteld: Valhalla.
Dit is ’n deeglike opsomming van verskeie aspekte van Valhalla se geskiedenis wat die ontwikkeling van verskillende dele van die woonbuurt beskryf, die ontwikkeling van die paaie insluit en ander aspekte aanraak soos onderwys, besighede, sportfasiliteite en gemeenskapsdienste om maar ’n paar te noem.
Ina Strijdom, DA Raadslid van dié woonbuurt, het die voorwoord in die boek behartig.
“Dit is vir my ’n voorreg om deel te wees van die proses, ek het tydens my amp as wyksraadslid mense hier ontmoet wat hul huise gebou het, nog voor ek gebore was! Inwoners hier is baie lojaal teenoor Valhalla en van hulle is hier gebore en word ook hier oud,” het Ina gesê.
Paul weet waarvan hy skryf, hy is ’n inwoner van Valhalla vir die afgelope 31 jaar.
“Ek het op verskeie geleenthede versoeke ontvang om ’n boek oor Valhalla te skryf en het toe besluit dit is hoog tyd dat ek iets hieraan doen,” sê hy.
Eintlik is Paul lief daarvoor om boeke oor oorlogsverhale te skryf.
Meeste van sy boeke handel oor die bosoorlog, die geskiedenis van die rekkies en ander interessante operasies in die weermag wat uitgevoer is.
Paul wil graag Kolonel Tertius Combrink bedank.
“Hy het navorsing oor Valhalla se geskiedenis in die 1980’s gedoen en al sy werk aan Paul beskikbaar gestel.”
Belangstellendes is welkom om Paul te kontak by epos paul@who-els.co.za

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.