Home » Schools

Nuwe Skoolhoof vir Laerskool Swartkop

21 February 2015 No Comment

Mnr Munnik van der Merwe is as Laerskool Swartkop se nuwe hoof van 1 Januarie 2015 aangestel.
Vir hom is dit ‘n voorreg om Mnr Carel Cronje, wat einde verlede jaar na 22 jr in die tuig afgetree het, as die derde hoof van hierdie Laerskool op te volg.
Mnr Munnik, soos wat hy alombekend is, sê hy het groot skoene om vol te staan maar dat dit vir hom ‘n eer is.
Sy passie en entoesiasme oor die kinders, onderwysers en skool is aansteeklik en vir hom is dit ‘n droom wat op vele terreine waar geword het aangesien hy jare al die begeerte het om as meer as net ‘n ouer deel van Laerskool Swartkop te word.
In 2011 het hy die hoof van Hoërskool Roodepoort geword, maar is baie opgewonde om terug te in sy eie gemeenskap te wees, aangesien hy al jare in die Centurion area woonagtig is.
Hy is ‘n voorstander van akademiese uitnemendheid en glo kinders moet gebalanseerd opgevoed word met sterk Christelike en morele waardes en dat dissipline en respek die belangrikste is.
Mnr Munnik sê dat hy besef almal het dieselfde talente ontvang nie, maar streef daarna om, saam met sy personeel, elke leerder se individuele vermoëns tot hulle volle potensiaal te ontwikkel.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.